Monday, February 26, 2007

Byskrif by ‘n Bruidspaar van die Jaar foto in Die Burger

Sy sê: My liefde, my lewe, my jy. Wat jy vir my doen, is wat ek altyd wou hê. Liefde, vreugde, ’n eenheid van twee. Hy sê: Waarom eet, drink en leef ’n mens? Want anders gaan jy dood van honger, dors en eensaamheid. My bord is vol, my beker loop oor en my hart prut van liefde.

As jy hier na hulle foto kyk (nr 3), kan jy aan die gepynigde uitdrukking op "my jy" se gesig sien, dat 'n hart wat van liefde prut nie noodwendig 'n aangename ervaring is nie.

Moenie vra nie

Daar's 'n groot moontlikheid dat julle gaan begin dink ek's die SA Times se deelhuis-korrespondent as ek nog een storie oor die onderwerp skryf. Maar ek is al erger dinge genoem, so ek gebruik graag die geleentheid om vir oulaas iets daaroor te sê.

Ek en Werner het albei vir minstens ses jaar in deelhuise gebly. Ons het selfs op verskillende tye in dieselfde huis gebly, en uiteindelik ook daar ontmoet. As alles volgens plan verloop gaan ons binnekort uittrek, wat beteken die einde van 'n era het aangebreek. Noodwendig dink ek nou oor wat, indien enigiets, ek in die tydperk geleer het – soos wat 'n mens maar doen voor die volgende fase aanbreek. Ek het dit gedoen toe ek my Mary Jane-skoene en bobby socks vir oulaas uitgetrek het aan die einde van my kleuterskool-loopbaan. Weer op my laaste dag in die laerskool. Aan die einde van matriek. Na my laaste her op universiteit. En nou.

Een ding wat 'n mens gou in deelhuise agterkom, en seker ewe vinnig vergeet as jy eers daar uit is, is dat ons op 'n sekere, eienaardige manier met mekaar kommunikeer en dat retoriese vrae spesifiek 'n groot rol daarin speel. Dis nie iets wat 'n geweldige indruk op enigiemand hoef te maak nie, en iets wat my sekerlik sou ontgaan as die volgende insident my nie daaroor laat dink het nie:

In my vorige rubriek (SA Times, 7 Februarie) het ek reageer op 'n berig wat uitsluitlik oor die slegte gedrag van jong Suid-Afrikaners gehandel het. Ek het onder andere gewonder: "… wie is hierdie Charl Vinger-op-die-Pols van Rooyen wat hom met soveel gesag oor die jong Suid-Afrikaners uitlaat?"

Dit was, volgens my, eintlik 'n retoriese vraag. Maar toe kontak Charl my nou die dag, en sê: "Ék is Charl van Rooyen. Maar wie is jy?" Hy het glo vir Valentynsdag 'n uitknipsel van die rubriek, tesame met die boodskap "Iemand hou van jou" in die pos gekry.

Nadat ons toe 'n bietjie familie uitgelê het, vra hy of die kwetsende aanmerkings wat ek oor hom gemaak het regtig nodig was. Dít was natuurlik ook 'n retoriese vraag, want ons weet mos dit was, streng gesproke, onnodig. En dit is presies wat ek toe erken. "Dit was onnodig", sê ek. "Ek erken dit." Want ek het mos eintlik 'n probleem met die eensydige beriggewing gehad. Ek is jammer dit het aanstoot gegee, sê ek toe, maar dis 'n rubriek – mense kan seerkry.

Dis ongeveer toe (dink ek) wat ek begin wonder oor die rol wat retoriese vrae in ons lewens speel. Enigiemand wat al deur hulle werk op 'n Persoonlike Ontwikkeling Deel 1 (Kommunikasievaardighede) kursus gestuur is, behoort te weet dis nie altyd goeie kommunikasie om retoriese vrae te vra nie. Natuurlik wil jy nie altyd 'n antwoord hê nie, maar retoriese vrae beteken dikwels jy insinueer goed wat mense verkeerd kan opvryf - selfs, of veral, as dit waar is. Dis beter om vrae te vra wat antwoorde verg. Dis die volwasse ding om te doen.

Deelhuis-gesprekke floreer op retoriese vrae. In ander omstandighede gebruik mense soms post-it notes om hul griewe te lug. Maar retoriese vrae is meer subtiel. Ek bespreek graag 'n paar van die gewildstes, asook die antwoorde wat mense daarop sou kon gee (as dit nie implisiet was nie):
  • Wie se skottelgoed is die?

Ek weet dat jy nie regtig omgee wie s'n dit is nie. Jy wil net duidelik maak dat dit nie joune is nie. Wel, ek het die pan gebruik, maar dit behoort nie aan my nie. Dis tog óns pan. En ek sou dit gewas het, maar iemand het 'n vuil mes daarin gesit, en ek kan fisies nie die pan was voordat die mes nie verdwyn nie.
  • Kan ek van jou melk leen?

Jy't klaar die prop afgehaal - verwag jy regtig 'n nee vir 'n antwoord? As ek nie hier gesit het nie, sou jy dit in elk geval gebruik het. En dis nie asof jy dit gaan truggee nie, so hoekom wil jy daarvan "leen". Hoekom vra jy nie of jy daarvan kan "kry" nie? Whatever. Help jouself. Ek gebruik in elk geval altyd jou melk vir my Weet-Bix.
  • Moet ons die heeltyd Scrubs kyk?

Natuurlik nie. Maar niemand anders stel belang in 'n storie waarin moordlustige tamaties die wêreld probeer oorneem nie.
  • Sal een van julle 'n slag die vullissakke uitdra?

Een van ons? Jy bedoel seker een van hulle? Ek's seker een van hulle sal, eendag. En daarna is dit weer jou beurt.
  • Het iemand daai bier gesien wat in die yskas was?

Watter bier? Na die sesde een kan ek regtig nie meer onthou wát ek gesien het nie.
  • Is dit soveel moeite om 'n leë toiletrol in die drom te gooi?

Dis minder moeite (en aangenamer) om 'n dubbeldekkerbus wat 370 kilometer op 'n stofpad gery het skoon te lek as om 'n toiletrol om te ruil. Hoekom vra jy?

Ten spyte van al die blootstelling wat deelhuis-bewoners daaraan kry, is dit soms steeds verwarrend om tussen regte en retoriese vrae te onderskei.

Ons het saam met 'n ou gebly wat nooit 'n moordkuil van sy hart gemaak het nie. Hy't verplig gevoel om al sy begeertes en (tot ons spyt) behoeftes met die wêreld te deel. As hy die toilet wou gebruik, moes dit onmiddellik beskikbaar wees – en die hele E17 het gewoonlik geweet wat hy binne die volgende vyf minute móés doen. Dit kan natuurlik 'n probleem afgee as daar net een toilet in die huis is. Eendag het hy weer 'n dringende behoefte gekry terwyl die badkamer beset was. Hy't op en af met die trappe loop en swets, en gesug, en gesweet, en elke paar minute met sy vuis teen die badkamerdeur gehamer.
Hoe lank nog? het hy gebulder. En: Waddehel maak jy daarbinne? En toe, desperaat: Wank jy?
Waarop die seun in die badkamer (gedagtig aan sy meisie se toorn) benoud geantwoord het: Moenie vir Sandra sê nie!

Die vraag waarmee ek steeds sukkel, is menige Brit se gunsteling: You alright?
Waar sal ek begin? dink ek altyd. Maar voor ek kan antwoord, is hulle klaar om die draai, besig om na iemand anders se welstand te verneem. Hoe lank, wonder ek dan, gaan ek nog daarvoor val?

(SA Times, Feb 2007)

Monday, February 19, 2007

Hulle is nie almal so nie (deel 2)

Hierdie storie het 'n bietjie gesuig. In 'n poging om dit meer leesbaar te maak, het ek dit (mbv 'n translation tool) van Nederlands na Engels vertaal, en toe weer van Engels na Nederlands. As daar enigiets in is wat enigiemand enigsins aanstoot gee is dit die tool se skuld, nie myne nie. (PS: Die translation tool werk nie vir Frans 178 opstelle nie - vir die wat dit oorweeg het.)

Lekker lees.


In mijn vorige rubriek reageert ek aan n berig deur Joylene van Wyk wat uitsluitlik oor dat slegte het gedrag van jonge suid-Afrikaners uitwisselt. Ek het onder andere meer gewonde: ... wie zijn hierdie Charl Vinger-op-die-Pols van Rooyen wat hom met soveel gesag oor dat jonge suid-Afrikaners uitdrukt? Dit was eintlik n retoriese vraag. Maar kontak Charl mijn nou die dag, en sê: EK is Charl van Rooyen. Maar wie jy zijn? Omdat blykbaar hy vir Valentynsdag ' n uitknipsel van die rubriek, tesame met ' n en die boodskap "iemand hou van u" wie gekry pos toenam. Ek wilde nog spog met reeds mijn geskenke, maar hy gewild eintlik precies weet of dat vexatious noodzakelijke commentaar regtig was. Nr, sê ek, nie regtig nie. Ek het mos eintlik n probleem heeft met die eensydige het beriggewing, zodat die stekies in sy het rigting seker was oordoen. Maar dis n rubriek - mense zijn mogelijke seerkry. Van dat voorstel is wat zich ek met graagte terugtrekt dat hy saans voor ncampfire het dansen terwyl hy de lade Rey zingt. Verder ek meer gewonde hoe al die media in SA skielik door hom uitgekom het. Hy het beslist nie zelf die storie geskep nie promosie vir doen sy nuwe besigheid, en deze daarna voor enigsins bij verwys onnodig was. (Die storie het begin door n onderwyseres wat van sy het binnen gebly. deelhuise) Maar die paragraaf wat dalk, volgens hom, die het grootste deel van potensiële skade aan sy mogelijke naaminstallatie waren, die volgende waren: de "as dit ek was, sou hulle gedrag de as ek byvoorbeeld (illegitimately) kamers mijn van alleenlikgepla aan hulleonderverhuring het, en hulle nie hulle betaalt het huren nie, wat gevolglik toen mijn planne voor, seg maar `n safari besigheid op dat been bij sou beduiwel het." brengt Scenario van Hierdie was natuurlik dat produk van ' verbeelding-snel n, maar toevallig het die besigheid welke Charl hier, echter, blyplek aan ' de suid-Afrikaners van nmagdom regoor het Verenigd Koninkrijk verskaf heeft. Natuurlik was mogelijk aan ek nie insinueert dat hy illegitimate de onderverhuring huise, as ek nie eens geweet het dat zo er n besigheid nie bestaat, of wat die sy met die onderskeie begrijpen eienaars nie waren. Die eienaars zijn over het algemeen bewus van het dat hulle onderverhuring worden, maar gee nie voor nie huise. Wat ek, echter, nou weet is dat dit n taamlike indrukwekkende besigheid was. Policewoman van Hy't selfs in suid-Afrika heeft wat mense vir die gewerf het deelhuise. Die besighede waarby hy betrokke was het daarom gaat het n volledige pakket aan jongmense verskaf wat wilde op werkvakansies: van visa aan verblyf. Maar Jy is mogelijke sê hulle het die kinders waardoor rokspante losgemaak, en veilige E17 (of waarookal) aflaai ga. Soos Charl van Mense doen jonge suid-Afrikaners n vreselijke kanonnen. De kom Londen van Hulle, dadelik ' n blyplek met al moontlike geriewe, welke huren bekostigbaar is, hulle betaalt ' n over het algemeen kleine deposito, en hulle teken nie n kontrak nie. Maar de as of andere één een snuiter die sitkamerstel gebruik voor brand ervaar bij, zijn dit die persoon wat, echter, die kontrak het Seprobleem geteken. En as die hy nie sy betaalt nie is mogelijke jy hom uitskop de huurt en u skade berekent, of jy zijn mogelijke wag en hopen dat hy mogelijk zout betaal. Ongeag hoe jy daarna kyk, dis het infernal frustreren, en iets waarmee Charl vermoedelik goed wordt bekend. Het paar van Hoekom wie kinders soms zo? Dalk is al dit precies bij maklik. Het land van Hulle verzakt zo hier, deze aanbieding nauwelijks nie aan geen uitdaging. Is deze ook nie onze eie skuld as onze ruimten skep waar skoolverlaters in monsters mogelijke verandering nie zijn? ' het nhuis is soos ' n biggetje broer-Omgewing. Grootmense is mogelijk dit regkry nie want beskaafd bij bly dopgehou van de terwyl hulle 24-uur ' n dag nie, hoekom verwag ons dit van ' kinders van de nschoen, sonder toesig wordt? Ag, en daar altydn gekerm oor die daling van christelikewaarden. Daar nêrens in die Bybel die jy nie me soms bevind, kan soos ' n dominee op Stellenbosch een tijd gesê het, van ' de stapeln wankelende greep van de nlamp maken nie. (Eintlik is mogelijke ek nie van regtig die konteks onthou waarin hy dit gebruik nie, siende dat ek die de vorige aand ' n wankelende greep van ' de stapel van de nlamp moes. maakt) ' het jaar van het npaar gelede ek ' n storie geskryf in welke ek van gekyk het na die - en nadele welke skoolverlatersinhou van Londen vir. Die mense waarmee ek taamlik sprak was verdeeld, maar ek van dink vandag zout waarvan het grootste deel van sê dis verbeteren eert om te gaan swot. Het naakte omdat nou aansienlik meer kompetisievir ongeskoolde arbeid er zijn en mensen precies vir n jaar op die werksvakansievisum kan werken. Maar ek van dink van welk jaar gelede gesê het geld altijd Neels viert: Ek van dink dit is naïef aan dink hij wat hier rondlê of sou van het daggagebruik dit nie waardoor nie huisvest. Ek vir meer as viert jaar in deelhuise saam gebly met baieskoolverlaters. Deze waren over het algemeen mense wat die luukse gegun voor dat weg byster ook huis waren, wat dit, echter, - mense gedoen welke sê ` ek mogelijke môre door mijn pa in ' de stap van het nwerk.' is Die ou die Se pa 10 van sy stoetbeeste moes verkoop, natuurlik n andere één houding. Hy't ook opgemerk dat met die regte waarden en ` n goeie netwerk steunen, waardevolle de ooi van Londen is mogelijk weesas vroeër jare Se diensplig. Dis n tyd waar ouens hulle bietjie kan gaan zakt en grenzen is het mogelijke zout van het test` n kind vestigt ondersoek, maar Reg. van as sy waarden is omhoog, zout hy sterker op dat ander één zijeind. Kunnen jonge mensesoos van Londen vir van de as wat leger is, dan mensen seker sê Charl van Rooyen het n- tipe bomkok opgedoen. Nou van Hy't heeft genoeg van mense wat hulle grense bij de terugkeer van de homtest, en om deze reden hy suid-Afrika. Ek van dink dis tragies dat iemand hier met zo n negatiewe advies van sy eie landsgenote weggaat. Veral omdat ek van welke ervaring teen-oor-gezette het. Ek simpatie met syervaring, maar ek voelt ook hy't dit oor homself gebring. De as hy nie iets van dat gekry nie, sou hy dit TOG nie zo lank vir gedoen nie. Ek van wens hom alle sukses met sy nuwe besigheid in die bos. Dit lyk na ' n keurig vlek (waar, volgens ' n byskrif langs van die foto, selfs die vrouens van dit baie geniet). Ek van hoop ook die bij spyte van al die gemors wat die mense in sy aangevang het huise, sy ambisie het npaar van hullezout inspireert.

Saturday, February 17, 2007

Wednesday, February 07, 2007

Metro

Verlede week was hierdie storie in die Metro:



Waarop 'n leser gister as volg reageer het:

Monday, February 05, 2007

Hulle is nie almal so nie

Julle het dalk twee weke gelede 'n storie in Beeld of Die Burger gelees oor hoe jong Suid-Afrikaners hier uithaak. In die berig, "Jonges uit SA laat Londen gril", haal die joernalis, Joylene van Wyk, deurgaans vir Charl van Rooyen aan wat beweer "ons kultuur van Christene" is vervang met 'n "losbandige suiplapkultuur waar daar gekyk word met hoeveel skelmstreke weggekom kan word".

Jong Suid-Afrikaners, meen hy, het hul naam "so sleg hier gemaak met hul growwe gedrag, arrogansie en roekeloosheid dat baie Britse maatskappye nie meer kans sien om hulle aan te stel nie". Poolse werkers word glo eerder verkies.

Ag, so hoor ons jaar na jaar dieselfde ou storie. Vervang net "Poolse" met Australiese, Brasiliaanse, Hongaarse, of Romeense.

Ek vermoed Joylene van Wyk is Media24 se nuutste Londen-korrespondent, maar wie is hierdie Charl Vinger-op-die-Pols van Rooyen wat hom met soveel gesag oor die jong Suid-Afrikaners uitlaat? Volgens die berig het hy 'n agentskap genaamd Infinito Travel besit, waardeur jongmense werkvakansies in Londen kon reël. Maar hy's glo so ontnugter deur die jong Suid-Afrikaners se gedrag, dat hy voortaan sy heil as professionele jagter in Suid-Afrika gaan soek. 'n Vinnige Google-soektog sal jou leer hy is (waarskynlik) deesdae die bestuurder van Infinito Safaris, wat jag-uitstappies vir buitelanders reël. En daar, duskant Pretoria, doen hy glo elke aand 'n krygsdans rondom 'n kampvuur nadat hy dawerend Bok van Blerk se song De la Rey gesing het.
Nie? O, jammer. Ek het maar net aangeneem dis wat al die ontnugterde boere deesdae in Pretoria doen.

'n Dag nadat Joylene van Wyk se berig in Die Burger verskyn het, het Van Rooyen ook aan geselsprogramme op Cape Talk en RSG deelgeneem. Ek weet nie of dit oorspronklik 'n Sapa-storie was waarop almal toevallig afgekom het nie, en of die radiostasies Charl se telefoonnommer by Joylene gekry het nie. Dalk het hy sommer self die storie begin om terloops publisiteit vir sy nuwe besigheid te doen. Wie weet.

Wat ek wel wil weet is hoe is dit moontlik dat hy net afskuwelike jong mense hier ontmoet het? Het al die bedagsame en hardwerkende skoolverlaters dan van 1st Contact se dienste gebruik gemaak?
En hoekom is dit vir hom so 'n issue? As dit ek was, sou hulle gedrag my alleenlik gepla het as ek byvoorbeeld (onwettig) kamers aan hulle onderverhuur het, en hulle nie hulle huur betaal het nie, wat gevolglik dan my planne om, seg maar, 'n Safari-besigheid op die been te bring sou beduiwel het. Of soiets.

Dalk dra hy maar net normaalweg die wêreld se probleme op sy skouers, en daarom kan 'n mens hom seker sy stellings vergewe. Waarvoor ek my eintlik vererg het, is Joylene van Wyk se eensydige beriggewing.

Sy haal slegs twee bronne aan. Charl was een. Die ander is 'n naamlose onderwyseres wat reken jongmense maak ons land se naam sleg, want op die moltrein gebruik hulle "die f-woord en spoeg op die platform".

Verder verwys sy ook na 'n jong man wat anoniem wil bly (daar's altyd een!), wat sê groepsdruk in ’n vreemde land is erger as in jou eie land. “Jy drink maar en rook dagga om in te pas.”

Ek wil weet waar kry die joernaliste altyd hierdie Mej. Tiener-tipe persoonlikhede? By Heathrow, oppad huistoe? Of gebruik hulle eenvoudig 'n random quote generator vir stories soos dié? Ek oordryf nie veel as ek sê ek sien hierdie aanhaling elke jaar sedert die ontstaan van News24 op News24 nie. F**, jy hoor dit selfs op KykNet.

Maar ek is self mal daaroor om allerhande wilde stellings te maak. So al dink ek eensydige joernalistiek is onprofessioneel en onverantwoordelik, dink ek tog dit sal gewoon regverdig wees as alle Suid-Afrikaanse koerante voortaan jaarliks 'n variasie op die volgende storie plaas:

LONDEN. Die afgelope vyf jaar het gesoute Suid-Afrikaanse joernaliste hul naam glo so sleg hier gemaak met hul onredelike gedrag en roekelose beriggewing, dat Media24 almal wat hier was bevorder het.

Nadat sy uiteindelik nugter geword het, het 'n jong Suid-Afrikaner gesê sy dink baie joernaliste kom nie net hierheen om te werk nie, maar ook om lewenservaring op te doen. "Maar dink jy hulle leer enigiets? Nee, hulle word te gou deur die lekker lewe ingesluk."

Sy vertel stories wat ’n mens se hare laat regop staan. "Die joernaliste kry gewoonlik 'n drieslaapkamerwoonstel in 'n gegoede buurt soos South Kensington. Maar hulle kan glad nie die vryheid hanteer nie. Hulle kry 'n massiewe toelae om allerhande funksies by te woon, maar mens lees nooit daarvan nie. Hulle verlaat hulle woonstelle alleenlik om Wimbledon-tennis of die Chelsea Blommeskou by te woon. Bewalwe vir die Suid-Afrikaanse sekuriteitswagte met wie hulle noodwendig by hierdie funksies onderhoude voer, beweeg hulle nooit tussen die plebs rond nie."

'n Onderwyseres (of was dit 'n rekenmeester?) wat nie haar naam wou noem nie, sê: "Nie een van hierdie joernaliste betaal huur nie. Gevolglik kan hulle al hulle geld op drank en dwelms blaas."

"Verder", sê sy "is luiheid en onnetheid 'n groot probleem. Hulle stories is beslis wat 'n mens morsige joernalistiek sou noem. Boonop is weinig daarvan oorspronklik. Hulle vertaal net artikels wat in Britse koerante verskyn het, of kry 'n paar aanhalings op die BBC!"

Sy gaan voort: "Ek het nooit gedink ek sal so oor Suid-Afrikaanse joernaliste voel nie. Deesdae sal ek eerder Britse koerante lees in plaas van die k** (jammer, ek kan nie ophou vloek nie!) wat Suid-Afrikaners uit hulle duime suig."

Sy wil graag hulle base by Media24 waarsku: "Julle dink julle doen joernaliste ’n guns, maar eintlik mors julle net geld. Hulle is nie gereed vir die vryheid nie, en het dit waarskynlik ook nie nodig nie."

Haar raad is: "Gee liewer vir hulle 'n woonstel in Seepunt en 'n broadband-konneksie. Dan kan hulle sommer daar die Daily Mail op die Internet lees. Dit sou beter wees as wat hulle vir dae aaneen in ontwerper-sokkies deur 'n massiewe woonstel in South Kensington ronddwaal, terwyl hulle hulle oor die lot van jong Suid-Afrikaners in Londen kwel."

’n Joernalis wat nie haar naam kon noem nie al wou sy (dis moeilik met twee cocktail-worsies in jou kies), sê groepsdruk in ’n vreemde land is erger as in jou eie land. "Daar's soveel funksies om by te woon. En oral kry jy gratis kos en drank. Mens kan nie help om jouself te vergryp nie. Die lewe hier is een groot partytjie. Oester?"

(SA Times, Feb 2007)